Zuma verstewig greep op KZN

Deel op

Ondersteuning vir President Jacob Zuma bly sterk, veral onder sy eie etniese groep.

Zuma se greep op sy tuisprovinsie is verder verstewig ná KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu, sy bedanking aangekondig het en ‘n bondgenoot van die president se Willies Mchunu, oorgeneem het.

Die twee is nie verwant nie.

Ander lede van die Mchunu-kabinet wat na verwagting die trekpas sou kry, is behou in nie provinsiale regering.

Die provinsie se ANC-ondervoorsitter en LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling het Maandagaand die leisels oorgeneem.

Die ANC sê Mchunu is gekies vir sy “senioriteit, ervaring en vaardighede wat hy gedemonstreer het in die regering en ons beweging”.

Senzo Mchunu sy bedanking aangekondig ná ‘n vergadering met provinsiale leierskap van die ANC Vrydag, waartydens hy die trekpas gegee is.

Die premier, voorheen ‘n stoere bondgenoot van president Jacob Zuma, het sy setel as provinsiale voorsitter verloor teen Sihle Zikalala in November en sedertdien het Zikalala se ondersteuners hulself openlik beywer om Mchunu te verwyder as premier.

Zikalala en Zandile Gumede as voorsitter van die streek eThekwini met 103 takke, is bekende Zuma-ondersteuners.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.