Twee Moslems in Ficksburg oorval

Deel op

‘n Moslempa en sy seun wat ernstig beseer is tydens ‘n huisroof in Ficksburg is steeds in ‘n kritieke toestand in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem.

Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê Yunus Suleman en sy 21-jarige seun Ayaaz het beide skietwonde aan die maag opgedoen toe hulle in hul huis in Ficksburg aangeval is.

Hy sê Yunus het wakker geword nadat hy vreemde geluide in die huis gehoor het.

Hy het gaan ondersoek instel en het glo ‘n verdagte in die gang van sy huis opgemerk.

Die rower het ‘n vuurwapen uitgehaal en Yunus geskiet.

Dhlamini sê in dié stadium is dit nie duidelik wanneer Ayaaz geskiet is nie. Volgens hom was beide pa en seun by hul bewussyn ná die aanval en het daarin geslaag om die polisie te waarsku. Juwele word uit die huis vermis.

Daar word beweer dat die verdagte deur ‘n kombuisvenster toegang verkry het.

Geen arrestasies is nog gemaak nie. Dhlamini sê enigiemand met inligting kan hul naaste polisiekantoor te bel.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en huisroof. Die ondersoek duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.