Withuis-skietery: Man kritiek

Deel op

Veiligheidsmaatreëls by die Withuis in Washington is Vrydag tydelik verskerp ná ’n skietvoorval in die omgewing.

‘n Amerikaanse wetstoepassingsbeampte het gesê owerhede het die gewapende man geïdentifiseer as Jesse Oliveri (30) van Ashland, Pennsylvania.

Pres. Barack Obama was nie ten tyde van die voorval tuis nie en geen van sy personeel is beseer nie, het ’n amptenaar van die Withuis gesê.

Obama is van die voorval ingelig.

Volgens die polisie het die voorval ’n blok van die Withuis af plaasgevind.

CNN het berig ’n verdagte is raakgeskiet en is in aanhouding. Volgens ’n woordvoerder van die Colombia-nooddienste is hy met kritieke beserings in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Inwoners wat Oliviere al jare ken, is verbaas deur sy vermeende optrede. Hulle onthou hom as ‘n gawe, ingetoë man en sportliefhebber.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.