Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel

Deel op

Die ministerie van Verdediging het berigte ontken dat die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ‘n jong vrou van Burundi met ‘n vervalste paspoort op ‘n staatsvliegtuig in die land ingesmokkel het.

NUUT!

Volgens die Sunday Times het die minister in Januarie 2014 haar invloed gebruik om te verseker dat Michelle Wege uit aanhouding vrygelaat word, het RSG berig.

Wege is in die Demokratiese Republiek van die Kongo aangehou in verband met vervalste reisdokumente wat gebruik is om uit Burundi te reis.

‘n Woordvoerder van die ministerie, Mike Ramagoma sê die jong vrou was ‘n vriendin van die minister se kinders, en het uit Burundi gevlug om weg te kom van haar pa wat haar mishandel het, en haar geldige paspoort gekonfiskeer het.

Volgens Ramagoma was die minister op ‘n amptelike besoek aan die DRK, en het bloot aangebied om die vrou saam met haar na Suid-Afrika te neem.

Hy sê bewerings dat staatshulpbronne misbruik is en dat die vrou gesmokkel is, is ongegrond.

Mapisa-Nqakula het in die DRK met ‘n hoëvlak afvaardiging van meer as vyf amptenare van haar kantoor opgedaag, insluitend ‘n lugmag luitenant-generaal om Wege se vrylating te onderhandel.

Na Wege se vrylating het die groep na Addis Abeba gereis saam met haar om ‘n konferensie by te woon voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het.

Wege is in hegtenis geneem deur die amptenare by die Internasionale Lughawe van Kinshasa 10 dae tevore, toe sy probeer het om ‘n vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens na Johannesburg te haal.

Sy is in hegtenis geneem omdat sy dokumente wat vervals was gebruik het.

Die dokumente is na bewering gereël deur Mapisa-Nqakula se suster, Nosithembele Nontobeko Mapisa, wat in die Burundi by die ambassade gewerk het ten tyde van die voorval.

Op die vals paspoort van Wege is sy as ‘n Kongolees by name Amina Yambayamba aangedui. Maar amptenare het onraad vermoed toe sy nie die Franse of enige van die ander plaaslike tale kon praat nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.