Grondstortings in Sri Lanka eis talle

Meer as 150 mense is moontlik dood ná twee grondstortings Woensdag in Sri Lanka. Dit kom ná swaar reën die afgelope twee dae in die sentrale deel van Sri Lanka geval het.

Die hoop vervaag dat oorlewendes wat deur die twee modderstortings begrawe is, lewendig gevind sal word.

Meer as 300 000 mense moes voor die vloedwater en modderstortings in Colombo en omliggende gebiede vlug.

Sowat 196 000 mense moes hul huise weens die swaar reën ontruim en reddingswerkers kon 350 mense in veiligheid bring.

Die modder in sekere gebiede is byna tien meter diep. Die swaarste reën in 25 jaar sak al sedert verlede naweek uit.

Reddingswerkers soek naarstiglik na oorlewendes, maar verwyder ook lyke, het rampbestuurders gesê.
’n Rooikruis-hospitaalwerker het gesê hulle vrees dat die dodetal veel hoër as die verwagting kan wees. Die Rooikruis-hospitaal het ’n kamp vir die oorlewendes opgerig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.