Trump sal met Kim praat

Deel op

Donald Trump is bereid om met Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, te praat in ’n poging om ’n einde te bring aan Noord-Korea se kernkragambisie, het die Republikeinse Party se aangewese presidentskandidaat, Woensdag gesê.

Trump (69) het nie besonderhede verskaf van sy beleid teenoor Noord-Korea sou hy tot Amerikaanse president verkies word nie.

Ontleders meen dié standpunt kan lei tot ’n beduidende skuif in die Amerikaanse gesindheid teenoor die geïsoleerde Noord-Korea, sou Trump verkies word.

Op ’n vraag of hy sal probeer om Kim tot ander insigte te bring, het Trump geantwoord: “Absoluut.”

Hy sal China ook vra om hom te help in sy pogings. “Ek sal druk op China plaas, want ons het groot ekonomiese mag oor China,” het Trump in ’n halfuur lange onderhoud in sy kantoor op die 26ste verdieping van Trump Tower in Manhattan gesê. “China kan die probleem met een vergadering of een telefoongesprek oplos.”

Die regering van Noord-Korea het nie kommentaar gelewer op Trump se standpunt nie, het Reuters berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.