Aardklop hou sy naam

Deel op

Gerugte dat Media24 wil wegstaan van Afrikaans is bevestig nadat die organiseerders van die Potchefstroom-kunstefees bekend gemaak het dat hul onderhandelings met die Aardklop Stigting oor dié naam suksesvol was.

Die naam van die Aardklop Kunstefees sal dus nie verander nie.

Die Aardklop-name en -handelsmerke is teen ‘n “uiters redelike koste” aan die nuwe Potchefstroom Kunstefees beskikbaar gestel.

Die fees word van 4 tot 9 Oktober gehou.

Louise Barretto, voorsitter van die Aardklop Stigting, en Japie Gouws, woordvoerder van die nuwe Potchefstroom-kunstefees, het gesê dat hulle die afgelope weke verskeie gesprekke gehad het oor die moontlikheid dat die Aardklop-handelsmerk na die te-stigte maatskappy wat die nuwe fees op Potchefstroom reël, oorgedra word.

Samesprekings het in ‘n goeie gees plaasgevind en albei partye is bly dat ooreenkoms nou bereik is, het die bestuur gesê.

Gouws het sy dank teenoor die Aardklop Stigting uitgespreek vir die wyse waarop die gesprekke kon plaasvind en ook die “goeie gesindheid” wat in die proses ervaar is.

Die Aardklop-naam sal by die komende fees gebruik word.

Hy het ook die wens uitgespreek dat “enige omstredenheid rondom die naam hopelik nou afgehandel is”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.