Koningin belowe armes geld om Brexit te keer

Deel op

Die veldtog om Brittanje in die Europese Unie te hou ontrafel by die dag verder.

Die vooruitsig van ‘n maklike oorwinning vir die “Blyers” verdamp met piesangskille wat oor die Konserwatiewe Party se pad besaai lê.

Meningspeilings wat net ‘n paar weke gelede die Blyers onaantasbaar laat lyk het, het nou omgeswaai.

Koningin Elizabeth II (90) het Woensdag in haar jaarlikse toespraak met die opening van die Britse parlement in die hoërhuis in Londen die gety probeer keer.

Die koningin, geklee in ‘n wit rok en swaargebuk onder haar uitspattige seremoniële toebehore, het gewaarsku dat wetgewing om “ekstremisme” te beheer in die vooruitsig gestel word asook meer geld maatskaplike uitkerings.

Die Britse premier, David Cameron, wat onder beleg is, ook in sy eie party, het die koningin se “eenheidstoespraak” ten hemele geprys.

Cameron is ten gunste van voortgesette EU-lidmaatskap, maar sy party is sterk verdeeld.

As deel van die jaarlikse seremonie is ‘n parlementslid in die paleis gyselaar gehou. Dié lid is vrygelaat nadat die koningin veilig teruggekeer het.

Dié simboliek kan dalk die regering sowel as die koningshuis duur te staan kom.

Cameron se woordvoerder het Woensdag ontken die regering sloer met wetgewing in die lig van die referendum wat aanstaande maand oor Brittanje se lidmaatskap van die Europese Unie gehou word.

Die oorgrote meerderheid van Britse kiesers nie ten gunste van voortgesette lidmaatskap nie en wil ‘n Brexit sien.

En met die pro-EU politieke elite wat op groot skaal befonds word deur groot besigheid, is daar geen redelike verwagting dat dit sal verander nie.

Bitter verdeeldheid binne die Tory-kabinet maak ‘n Brexit al hoe waarskynliker.

Die eerste ding om te verstaan, is dat die Britse politieke establishment diep verdeel is tussen individue wie se uiteindelike lojaliteit by Washington en sy dominante neo-con kliek lê, en diegene wat op die ou end hul getrouheid aan Brussel verklaar het.

Beide groepe dra natuurlik net die belange van hul marionetmeesters op die hart en nie noodwendig die kiesers nie.

Alhoewel hulle eerder soortgelyke einde-doelwitte in die Midde-Ooste nastreef, is die posisies van die Washington-aanhangers en dié van die Brussel-aanhangers heeltemal onversoenbaar.

Vir die EU-aanhangers is Duitsland die ekonomiese lokomotief wat oos kyk, maar vir die Atlantiese faksie skep dit kompetisie wat vernietig moet word.

Die uitkoms van Brexit sal dus rigtingbepalend vir Brittanje sowel as die VSA wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.