Etniese geweld by Garsfontein eis drie

Deel op

Drie swartes is dood ná etniese geweld Sondagmiddag tussen twee groepe in die ooste van Pretoria uitgebreek het.

Kapt Colette Weilbach het gesê die moeilikheid het omstreeks Plastic View in Garsfontein uitgebreek tussen Basotho’s en Zimbabwiese burgers.

“Daar word beweer dat ‘n groep Basotho mans vandag [Sondag] aangeval is deur Zimbabwiërs terwyl hulle sokker gespeel het,” het sy gesê.

“Die Basotho’s het teruggeslaan en hul aanvallers uit die kamp gedryf,” het Weilbach gesê.

Netcare 911-woordvoerder, Chris Botha gesê sewe Basotho mans het steekwonde opgedoen en een man is gedood.

“‘n Man in sy 20’s was ‘n kritieke toestand terwyl die ander ses beserings opgedoen het wat wissel van ernstig tot klein. Die kritiek beseerde man het dadelik na sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk,” het Botha gesê.

Die ses beseerdes is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal vervoer deur provinsiale dienste, het Botha gesê.

Weilbach het gesê die polisie sal die situasie monitor terwyl die leiers van beide groepe oor moontlike oplossings onderhandel.

“Geen arrestasies is nog gemaak nie en Garsfontein-polisie sal gevalle van moord en openbare geweld ondersoek,” het Weilbach gesê.

Vroeër berigte het aangedui dat een man tydens die gevegte omgekom het, maar die woordvoerder van die polisie se spesialis-afdeling het gesê die aanvanklike inligting is spekulatief.

Hy het later bevestig dat twee mense doodgebrand is, benewens die een wat aan sy steekwonde dood is.

Botha het gesê volgens inwoners by die plakkerskamp is nog vier mense ook vermoor, maar vyandige gemeenskapslede, gewapen met stokke en pangas, het geweier om die nooddienste toegang tot die kamp te gee om dit te gaan bevestig.

Weilbach kon ook nie die moorde van die ander vier mense bevestig nie.

Die plakkerskamp is in chaos gedompel en dit lyk asof inwoners hulself regmaak vir nog geweld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.