Dan Roodt by #AmRen2016 in Tennessee

Deel op

Binne anderhalf uur begin die konferensie van American Renaissance waar dr. Dan Roodt van PRAAG Afrikaners en Suid-Afrika verteenwoordig by dié pro-Westerse en pro-blanke byeenkoms. Meer as 300 mense en 20 joernaliste woon die konferensie in Montgomery Bell State Park naby Nashville, Tennessee by.

Die verrigtinge word gestroom deur die Sweedse internetstasie Red Ice TV https://redice.tv en kan intyds gevolg word.

Daar is 7 ure tydsverskil tussen Nashville en Suid-Afrika. Die konferensie begin dus Vrydagaand 20 Mei om 19:00 of 2:00 Saterdagoggend in Suid-Afrika en hou die hele Saterdag aan.

Saterdagoggend begin dit om 9:00 oftewel 16:00 in Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.