Renosters in Oos-Kaap geskiet

Deel op

ImageTwee renosters is gevind waar hulle doodgeskiet is in privaat wildreservate in die Oos-Kaap sedert Desember, het polisie Sondag gesê.

In die mees onlangse geval het wildbewaarders Saterdagoggend by die Kwantu-wildreservaat die karkas van 'n renosterbul gevind, met die horing nog daaraan, het inspekteur Milanda Coetzer in 'n verklaring gesê.

Die Port Elizabeth-eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die saak.

Op 5 Desember verlede jaar is 'n renoster doodgeskiet in die Shamwari wildreservaat naby Grahamstown.

"Omtrent 8-uur die aand toe een van die veldwagters met toeriste op 'n wildrit was, het hy 10 skote gehoor wat deur 'n outomatiese geweer gevuur is."

Die karkas is gevind met die horing wat nog nie verwyder is nie. Geen arrestasies is tot dusver gemaak in een van die twee gevalle nie.

Coetzer het gesê die polisie gaan die grense van die wildreservate in die Grahamstadgebied patrolleer en padblokkades opstel om outomatiese of jaggewere te soek.

Enige iemand met inligting oor die twee insidente word versoek om inspekteur Hein Kumm te skakel by 072-060-8097.

мед справка 086 уДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.