Nog geen verdagtes vas na Herzogville-plaasaanval nie

Deel op

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n bejaarde boer en sy vrou op hul plaas by Hertzogville in die Vrystaat nie.

Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê die 78-jarige Gideon Botha en sy vrou is voorverlede Woensdagmiddag op hul plaas deur drie swartes oorval nadat hulle omstreeks 15:00 van die dorp teruggekeer het.

Botha se vrou is in die huis in, terwyl hy buite rondgestap het om te kyk of alles in orde is. Gaobepe sê drie swartes het Botha buite oorrompel en die huis ingedwing. Sy vrou, wat intussen ook buite was om haar man te gaan soek, is ook in die huis gedwing en albei is vasgebind.

Die swart aanvallers het geld geëis. Hulle het aangedring dat Botha die kluis oopsluit. Tie Botha weier, het die swartes hom begin slaan en aanrand.

Hulle het daarna die huis deursoek op soek na waardevolle items en op ‘n slypmasjien afgekom. Gaobepe sê die rowers het die slypmasjien gebruik om die kluis oop te sny. Hulle het ‘n onbekende bedrag geld en ‘n vuurwapen gebuit. Hy sê dit is onbekend of hulle met ‘n motor of te voet op die vlug geslaan het.

Gaobepe sê ‘n erg geskokte egpaar kon ‘n paar uur ná die voorval daarin slaag om hulself los te wikkel en hulp te ontbied.

Die woordvoerder vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.