Potch se nuwe feesbestuurder aangewys

Deel op

Die Potchefstroom Kunstefees het bekend gemaak dat Alexa Strachan, bekende vervaardiger, skrywer, regisseur, sanger en akteur, aangestel is om die fees vir 2016 te bestuur.

Japie Gouws, woordvoerder van groep van Aardklop-belanghebbendes, het die aankondiging gemaak.

Gouws sê hulle is verheug dat Alexa nou aan die hoof van die span staan om die fees tussen 4 en 9 Oktober 2016 in Potchefstroom te laat gebeur.

Hy sê haar wye ervaring en kundigheid stel haar in staat om hierdie taak aan te pak.

Strachan het in in 1987 aan die Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer, en behaal haar BA-graad met hoofvakke Wysbegeerte en Kunsgeskiedenis in 1991 aan die Universiteit van Pretoria.

Sy hanteer reeds jaarliks al die bestuur, samestelling en tekste van groot teater- en musiekproduksies, onder andere SARIE se Voorbladgesig; FNB se Night with the stars; Atterbury Trust en Rust en Vrede se Versnit-konserte en Akademia se Sakeplankompetisies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.