Bravo Israel, welgedaan, gee die terroriste gas

ImageEk het met ‘n baie lekker lag vanoggend gelees oor die Suid-Afrikaanse regering wat skielik dink dat hulle vir Israel kan vertel hoe om sy eie buitelandse en militêre beleid te hanteer en om die aanvalle op die Gasastrook onmiddellik te staak.

In ‘n vorige verklaring oor Israel het die regering hulle stilswye en verdraagsaamheid teenoor Zimbabwe se geliefde leier, Robert Mugabe, se streke  verdedig en vir die Israeli ambassadeur vertel dat hulle, (die SA regering) baie besig is om die sake in Zimbabwe op te los.

Nog ‘n dosis humor rondom Israel was toe aartsbiskop Tutu te vertel had dat die aanvalle op die Gasastrook alle tekens van oorlogsmisdade bevat, ‘n “onbillike oormag van dodelike vegvliegtuie” wat genadeloos bomme op die arme weerlose Palestyne neerwerp met totale minagting vir die lewens van Hamas se “onskuldige” Islamitiese ekstremiste.

Toevallig is dit dieselfde mense wat in 2005 laas die Israeli’s ietwat omgekrap het met selfmoordbomaanvallers wat in baie gevalle onskuldige mense doodgemaak het net om seker te maak dat hulle kwota van 144 maagde of wat ook al vir hulle nadoods verseker word. Ek het nogal slegte nuus vir die Palestynse ekstremiste: as jy dood is, is jy dood, en geen hoeveelheid maagde gaan jou weer gelukkig of lewendig maak nie.

‘n Mens wonder ook hoekom so baie vroue in die hiernamaal? Is dit as beloning omdat jy so selfloos jou lewe weggegooi het om die vyand te dood, of eenvoudig omdat julle ekstremiste sulke gierige mense is? Ek is seker dalk te dom om die waarde van 144 maagde te kan insien, maar sover ek redeneer, is een vrou heeltemal genoeg, dankie, en ook volgens wet al waarop ek geregtig is.

Presies wat dink ons regering het hulle tot nou toe in Zimbabwe vermag waarop hulle hulself kan roem? Sover ek kan sien, net mooi niks nie.

Die magsdelingsooreenkoms wat ons geliefde Thabo Mbeki uitgewerk het, word nou ná meer as drie maande steeds nie toegepasnie. Die situasie in Zimbabwe het van sleg tot uiters sleg verval, wat betref mediese dienste, voedselvoorsiening en cholera wat uit beheer raak (daar word al hoe minder syfers bekend gemaak, het hulle dalk iets om weg te steek?).

Om alles te kroon wil die liewe ANC-mense nou vir die wêreld kom voorhou hoedat hulle, die ANC, die modelregering is wat alles vermag het om ‘n utopie te skep. Kom by, mense, en dink weer. Die ANC het nog nooit veel meer reggekry as om te vernietig nie.

Uit hulle eie het hulle nog nie met een opbouende stelsel vorendag gekom nie, terwyl Israel se wetenskaplikes nogal nie sleg gedoen het op ‘n hele paar gebiede nie en internasionale erkenning daarvoor geniet.

Die Israeli’s verdien net die hoogste respek. Hulle het in die middel van ‘n harde stuk droë, genadelose grond hulleself bewys en daar ‘n goeie lewe vir hulle burgers uitgekap. Hulle het ‘n weermag wat met die beste ter wêreld kan meeding en nywerherde opgebou wat van hul land ‘n gedugte teenstaander maak, ‘n volk wat in ‘n groot mate selfonderhoudend is wanneer dit nodig is.  

In die Sesdaagse oorlog jare terug het die omliggende Arabiese state tot hul spyt ontdek dat Israel geen sagte teiken is nie

En dan wil die klomp ANC-makkers vir hulle vertel hoe om hulle eie sake te bestuur?

Ek sê welgedaan Israel, en hou julle maar net doof vir mense wie se siening nie eintlik tel nie.

Indien die ANC wel wil hê dat Israel hulle ernstig moet opneem, sal daar heelwat verandering in Suid-Afrika moet geskied. Sover het die ANC wel aan Israel bewys dat hulle onbetroubaar is, dat hulle geldgierig is ten koste van hulle eie mense, dat hulle besig is met hulle eie vorm van terrorisme en stille oorlogvoering teen die blankes en Afrikaners in die land wat ongestoord voortgaan.

Hulle het getoon dat die wet nie van veel waarde is nie en dat dit oor die algemeen gemanipuleer word om sekere hooggeplaaste mense te kan pas of te beskerm. Met so prestasierekord sou ek nie verbaas wees as Israel hulle net afvee aan die ANC nie, want daar is niks om voor bang te wees nie.

Rondom biskop Tutu is mens amper stomgeslaan. Want die arme gek sit daar in sy gerieflike plekkie en het die vermetelheid om die een land wat dit tot dusver reggekry het om baie aanslae te weerstaan van oorlogsmisdade te beskuldig.

Wel mnr. Tutu, hoekom kyk jy nie nader aan die huis nie?

Of is die dood van meer mense ná sogenaamde “demokrasie” as in ‘n gewapende oorlog vir jou ‘n prestasie? Is die volgehoue aanslag teen boere, Afrikaners, vroue en kinders jou idee van ligte Vrydagaandvermaak?

Is volksmoord jou idee van ‘n naweek se pret?

Klaarblyklik so, want as jy jou oë sou oopmaak en bietjie meer sou dink, sou jy sien dat hier in SA ook oorlogsmisdade aan die gang is. Meer spesifiek deur die regering van die dag wat op stelselmatige wyse deur middel van die sinistere magte van misdadigers en korrupte polisie ongestoord kan voortgaan met hulle misdadige bewind, net soos in Zimbabwe, sonder vrees vir vervolging. As ek nie beter geweet het nie sou ek dink dat daar aan hulle soms kwotas gegee word om vol te maak: ons wil soveel vermoor hê dié naweek; ons wil soveel aanrandings en rooftogte hê.

Dit is natuurlik maklik om te kan sien hoedat die regering van die dag heel maklik agter baie onheil kan sit, want verkiesings kos geld en plase moet oorgeneem word. Want die regering het beloftes om na te kom, en as dit nie op ‘n eerlike manier gedoen kan word nie, sal dit op ‘n ander manier gedoen word.

Ek wonder of mnr. Tutu nie dalk eerder ‘n uitnodiging wil rig aan die vredeliewende Palestyne en vra dat hulle al die ekstremistiese selfmoordbomaanvallers eerder na SA wil stuur nie. Ek dink dan sal hy seker weer die een of ander bekvol te kla hê indien hulle skielik hier sou opgeblase voel.

Mens kan dit nie altyd hê net soos wat jy dit wil hê nie, mnr. Tutu.

So hou jou selfvoldane menings vir jouself asseblief, en hou op om te praat oor goed waarvan jy eintlik niks weet nie en weier om die waarheid in die oë te kyk. Of maak die waarheid dalk te seer vir woorde? Hou asseblieftog op om die splinters in die wêreld se oë met tange te verwyder, terwyl jy die balke in jou eie oë nie met ‘n vurkhyser wil laat uithaal nie.

Indien jy die waarheid wou praat, sou jy met die regering in gesprek tree oor die volksmoord wat eintlik reg onder jou neus aangaan, op ‘n minderheidsgroep wat by die dag minder word.

купить водопад для дома

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.