Die onsigbare stryd

Deel op

Daar is ‘n sosio-ekonomiese probleem onder ons mense wat verbloem word deur die huidige politieke bestel. ‘n Probleem wat heel moontlik ‘n direkte invloed het op die onverstaanbare verdeeldheid binne die volk. ‘n Hartseer realiteit onder ons mense, veilig weggesteek onder die politieke onstabiliteit van die land.

Wanneer ‘n mens kyk na die see sien ons hoe verskillende spesies gedurig kompeteer vir hulpbronne. Dit is eers as mens ondersoek instel na ‘n spesifieke spesie dat mens die onderlinge kompetisie binne die spesie of groep agterkom. Net so is Suid Afrika tans ‘n oseaan waar groepe meeding om mag, wat in kort niks anders as beheer oor die hulpbronne is nie, maar omdat die blankedom so erg versplinter is, vergeet mens om na die kompetisie onder hierdie groep te kyk as ‘n studie op sy eie.

Internasionaal begin die gaping tussen die “Haves” en “Have not’s” al groter word en die middelklas verdwyn teen ‘n geweldige spoed. Die rykes word ryker en die armes word al meer en al armer. Omrede ons as volk opgeneem is in die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap, waar nasionale probleme soos korrupsie, die waarde van die Rand en ander ekonomiese beginsels as maatstaf gebruik word, verbloem dit die gaping tussen die ryk wittes en die arm wittes. Blanke plankerskampe word blameer op die regering se onbevoegdheid om te effektief te regeer, terwyl ryk wittes rustig agteroor sit en nog meer geld maak.

Om die probleem beter te verstaan moet ons vir ‘n oomblik van verbeelding gebruik maak en ons indink hoe dit sou wees as ons blankes ‘n land op ons eie was. Natuurlik sal daar die mense wees wat reken ons sou nie in so situasie wees as ons oor onsself beskik het nie, maar hulle vergeet gerieflik van die Bywoners, die Armblanke-vraagstuk en die gaping wat daar nog altyd geheers het tussen ons eie mense. Net soos enige ander homgene volk sou hierdie ekonomiese gaping ook onder ons volk groter geword het en sou die ongelukkigheid posgevat het in ‘n middel en laer klas wat al swaarder trek. In so oomblik van verbeelding sou mens baie duideliker kon sien wat is die verskil tussen ryk en arm binne ons eie volk.

Die huidige politieke bestel beskerm egter die rykes in die volk, want almal blameer die regering. Dit is nou die verantwoordelikheid van die regering om die nasionale sosio-ekonomiese toestand aan te spreek en daar is geen volks-assosiasie betrokke of nodig nie. Sou ons ‘n homogene groep wees, sou die frustrasie heel moontlik teen groot kettingwinkels of myn magnate begin manefisteer het.

Die ander dimensie van die probleem is dat die middelklas met ‘n morele kwessie gekonfronteer word wanneer dit kom by hulle ekonomiese frustrasie. Die gemiddelde huisgesin kry al swaarder, met ‘n groot skuldlas, en hulle oorleef letterlik net. In ‘n homogene gemeenskap sou dit genoeg rede wees om in die strate te vaar. Kyk ons na Europa sien ons hoe boere baie vinnig massa-aksies begin as pryse laag is. In Suid-Afrika is die middelklas egter weer so ver verwyder van die lae inkomste groepe wat bestaan uit miljoene mense wat in sink gehuggies bly, dat dit moreel verkeerd voel om te kla. Daar is miljoene mense wat nie elke dag kos het om te eet in Suid-Afrika nie en daarom hou die middelklas eerder aan om stil te bly.

Het rykes ‘n morele plig om te sorg vir armes? Moet rykes verantwoordelik gehou word vir die gaping tussen ryk en arm? Die realiteit is dat die groter meerderheid ryk blankes/Boere/Afrikaners geen behoefte het om betrokke te raak by die voortbestaan van die kulturele kollektief nie. Ryk Afrikaners gebruik die Nuwe Suid Afrika as verskoning om nie betrokke te raak by die voortbestaan van ons kultuur nie en daar word aangeneem dat die res van ons moet “verstaan” dat hulle verhouding met die regering, wat direk gekoppel is aan hulle inkomste, gaan versuur indien hulle betrokke raak by die saak van die volk. Hulle beskerm dus net hulle persoonlike welvaart.

Een van die grootste struikelblokke in ons stryd vir ‘n mate van selfbeskikking of volks-oorlewing is die tekort aan fondse. Die toetrede van die rykes tot die oorlewing van die volk kan soveel meer opsies genereer. ‘n Eie universiteit, ‘n stuk aarde wat self gekoop en ontwikkel word om werk te skep binne ‘n homgene gemeenskap, eie skole… die opsies is legio as daar genoeg fondse is. Op NAMPO die jaar is daar meer as 9 van die nuwe John Deere trekkers verkoop teen meer as R6 miljoen elk.

Met R54 miljoen kon ons ‘n hengse stuk aarde koop, dit ontwikkel en vir ons mense ‘n veilige hawe skep. Miljoene word spandeer aan nuwe viertrekvoertuie, strandhuise en visvangbote om nie eerst te praat wat die troue van Christo Wiese se dogter gekos het nie. Verbeel jou vir ‘n oomblik manne soos Raymond Ackerman, Christo Wiese, Whitey Basson en die Ruperts raak betrokke by ‘n opheffingsprogram vir die volk! Dit sal internasionaal aandag trek en ons sal soveel kan bereik.

As die ryskte boer in elke distrik net 2% van sy grond, (nie 50% soos die ANC vra of 80% soos die EFF vra nie)beskikbaar stel vir ons volke sit ons môre met grond oor die hele land. As die drie rykste ouens in elke distrik saamspan en net toegang gee tot basiese hulpbronne kan ons infrastruktuur ontwikkel in elke distrik in die land. Klein oases vir ons mense waar die armes ten minste ‘n kans kan kry om te werk en vir hulle self ‘n bed en ‘n bord kos te verdien. Daar is soveel moontlikhede as die rykes van die volk tot die stryd toetree. Daar is welgestelde manne en vroue in die volk wie se hande oop is en die artikel het geen betrekking op julle nie, net dank van die volk (en kritiek van die res).

Vir nou is dit ‘n arm-man-stryd, ‘n geveg vir die armes om kop bo water te hou en elke dag verloor nog een van ons broers sy werk en word deel van die statistiek terwyl die rykes voor in die ry staan en die regering blameer! ‘n Stryd binne die volk wat vergete is en niemand kan verstaan hoekom ons so sukkel nie…

Vannermerwe

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.