ʼn Mens vra jouself die vraag af wat die Bolanders van die Tweede Vryheidsoorlog weet. Enkele Bolanders het aan Boerekant geveg maar die grootste gedeelte het hulle sakke gevul deurdat die Engelse miljoene ponde in daardie geweste bestee het. Die Boland het nooit in sy ganse geskiedenis so ʼn voorspoedtyd beleef as juis gedurende hierdie tyd nie. En in die proses het hulle ook halwe Engelse geword.
Dit sal hierdie twee Suid-Afrikaanse Bolanders goed doen om Ramsay MacDonald se boek WAT EK IN SUID-AFRIKA GESIEN HET te lees.
Maar dit gaan nou van die Boerevrou en Boere-dogters. Om objektiewe behandeling van Leopold Scholtz en Johan Mostert te verwag, is netso goed as om ʼn objektiewe uitspraak oor ʼn Afrikanergeskilpunt van COSATU te verwag. Dit is iets wat nie in hul dinkraamwerk voorkom nie.
Ons wat afstammelinge van die Boere te velde was, weet baie goed wat gebeur het. Daar is nie veel oor hierdie seksuele mishandeling van vroue en dogters gepraat nie maar tog voldoende om te weet dat dit op grootskaal plaasgevind het, dis deur oorlewering aan ons oorgedra. Ek is maar ʼn skrale 25 jaar na beëindiging van die oorlog gebore. Ons beskik nie oor persentasies nie maar dat dit op groot skaal voorgekom het, is onmiskenbaar. Dit ly geen twyfel dat die PERFIDE ALBIOXI nie die weerloosheid van vroue en dogters sou uitbuit nie. Netsoos die Yankees en Engelse in Wes-Duitsland na die Tweede Wêreld Oorlog in Wes-Duitsland te kere gegaan het.
Nou beweer Max de Preez dat Dan Roodt se bronne uit die duim gesuig is. Die gesag wat bestaan, word afgemaak as onaanvaarbaar.
Hy sê dit is opnuut ʼn poging om gevoelens gaande te maak. Natuurlik moet gevoelens hieroor weer gaande gemaak word – netsoos dit oor die sesmiljoen Jode en die “sonde van apartheid” gedoen word.
Jacob Zuma sê tenminste dat hy ʼn Zoeloe is, maar Max du Preez het geen bepaalde identiteit nie behalwe dat hy ʼn Suid-Afrikaner is terwyl G H Kalpic reeds in 1937 gesê het There are no South Africans. Dit is nog steeds die posisie.