EgyptAir-vliegramp was ‘n terreuraanval

Deel op

‘n Terreuraanval is die mees waarskynlike verklaring vir die verdwyning van ‘n EgyptAir-vlug tussen Parys en Kaïro sê kenners. Donald Trump, presidentskandidaat in die VSA, het hulle gelyk gegee.

NUUT!

Die Franse grenspolisie ondersoek reeds die moontlikheid dat Islamitiese werkers op die lughawe Charles de Gaulles kon gehelp het om die aanval te fasiliteer.

Die hoof van interne intelligensiediens in Frankryk, Patrick Calvar het gewaarsku dat die land “duidelik geteiken” word deur ISIS net ‘n week voor die aanslag op die Parys-na-Kaïro vlug.

Frankryk het twee keer verlede jaar deurgeloop, met die Charlie Hebdo-aanval in Januarie en die aanvalle Parys in November waarna die Franse veiligheidsmagte op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.

Calvar is in die plaaslike aangehaal: “Ons word gekonfronteer met ‘n nuwe vorm van aanval. ‘n Terroriste-veldtog wat gekenmerk word deur ploftoestelle wat op plekke geplant word waar groot skares versamel, hierdie soort optrede te vermenigvuldig om ‘n klimaat van paniek te skep.”

Die vliegtuig het in die nag verdwyn met 66 passasiers aan boord. Die kaptein van ‘n handelsvaartuig beweer hy het vlamme gesien in die lug 150 myl suid van die Griekse eiland Karpathos naby waar die wrak gevind is.

“Die Franse koerant Le Figaro verwys na ‘n Franse grenspolisiebron wat sê dat speurders hul aandag sal fokus op grondbemanning op die lughawe Charles de Gaulles, om vas te stel of lughawewerknemers ‘n sekuriteitsrisiko inhou,” het die BBC berig.

“Die bron het gesê dat militante Moslems onder diegene is met toegang tot die laai van vrag by vliegtuie.”

Kort ná die slagting in Parys verlede jaar, het die veiligheidsdiens ontdek dat “57 werknemers (by Charles de Gaulles) met toegang tot vliegtuie, op ‘n terreurswartlys was.”

Najim Laachraoui, een van die Brusselse bomaanvallers, het ook by die lughawe Zaventem vir vyf jaar lank voor die aanval gewerk.

Maar die bisarre bewegings van die vliegtuig, wat 22,000 voet geval het voordat dit ‘n 90 grade swaai na links en ‘n 360 grade swaai na regs geneem het, dui daarop dat iets met die beheer van die vliegtuig kon fout gegaan het

Dit was dus nie noodwendig uit die lug geblaas deur ‘n missiel of ‘n toestel aan boord nie.

Dit is onwaarskynlik dat die vlieënier betrokke was by een of ander voorval in die kajuit soos in die geval van die Duitse vlieënier van Germanwings wat glo die vliegtuig vol skoolkinders “opsetlik” laat verongeluk het in die Alpe.

‘n Lugvaartkunde deskundige het daarop gewys dat die A320 oor die algemeen ‘n uitstekende veiligheidsrekord het en die ramp nie weens ‘n tegniese fout kon plaasvind nie.

Presidentskandidaat Donald Trump het vanoggend getwiet: “Dit lyk asof dit nog ‘n terroriste-aanval was. Vliegtuig vertrek uit Parys. Wanneer sal ons kwaai raak, slim en oplettend? Groot haat en siekte!”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.