Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Deel op

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het ‘n hoëvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Sirië weer op koers te kry.

Amerikaanse en Britse oproepe dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle moet instem tot hulle raamwerk vir ‘n politieke oorgang, het tot dusver tot groot hoofbrekens gelei.

Amerikaanse amptenare wat saam met Kerry reis, sê Washington dring steeds daarop aan dat Al-Assad uittree en dat 1 Augustus as die ­sperdatum hieroor en die ­inwerkingtreding van die raamwerk gestel word.

Al-Assad, wat die militêre steun van Rusland en Iran geniet, het egter nog geen aanduiding gegee dat hy voornemens is om dit te doen nie.

Saoedi-Arabië dreig intussen om plan “B” te loods, wat volskaalse militêre ingryping beteken om van die Siriese leier ontslae te raak.

“Dit is duidelik gemaak dat Bashar al-Assad twee keuses het – óf hy sal deur ‘n politieke proses verwyder word of hy sal verwyder word deur middel van geweld,” het Adel al-Jubeir aan verslaggewers gesê nadat die ISSG met Rusland en die VSA vergader het.

“Ons glo ons moet ‘n plan B hê,” het hy gesê.

“As hulle nie reageer op die druk van die internasionale gemeenskap nie… dan sal ons maar moet sien wat anders gedoen kan word.”

Die lot van Assad blyk steeds ‘n struikelblok vir lede van die ISSG te wees.

Moskou is gekant teen enige pogings om ‘n vredeskikking op voorwaarde dat die verwydering Assad se smee, met die Russiese minister van buitelandse sake wat dit duidelik gemaak het dat Rusland die stryd teen terreur voer, en hulle “het nie ‘n beter alternatief as die Siriese leër nie”.

Die Duitse minister van buitelandse sake, Walter Steinmeier, met sy aankoms in Wene die Amerikaanse voorwaarde herhaal, maar weggeskram van oorlog.

“Dit is hoekom ons, onder die beskerming van die VN (Verenigde Nasies), die oorgangsregering en hoe dit saamgestel moet word, moet bespreek en seker maak sake is op koers,” het hy bygevoeg.

Intussen het gerugte die ronde gedoen dat wapens deur Swaziland vloei na die Midde-Ooste met die Swazi-president wat glo invoersertifikate teen $1 miljoen elk verskaf.

Tot dusver het die VN-geleide vrede­samesprekings in Genève, Switserland, onder aanvoering van die internasionale gesant Staffan de Mistura, min vordering gemaak. Washington-ondersteuners het self hul twyfel uitgespreek of hul 1 Augustus ‘n haalbare sperdatum is.

Die Internasionale Siriese On­dersteuningsgroep (ISSG) se 17 lande sal tydens hierdie vergadering sy oproep vir ’n nasionale wapenstilstand en die onmiddellike toegang deur humanitêre hulpverleners aan die beleërde gebiede, herhaal.

‘n Senior amptenaar van buitelandse sake (Amerika) het aan joernaliste in Wene gesê gesprekke word gevoer met Rusland “om ’n beter klimaat” vir die samesprekings te skep, veral by die Al-Assad-regime”.

Die opposisie-koalisie is meer oop oor die ooreenkoms wat hulle graag sou hê, maar Al-Assad se mense neem nog nie deel nie al steun hulle in die openbaar die samesprekings, het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.