Grootste dwelmvonds ooit in Colombië

Deel op

Agt ton kokaïen is in Colombië deur die polisie gekonfiskeer, die grootste binnelandse dwelmvonds in dié land se geskiedenis, het AP berig.

Dit behoort aan ’n misdaad­sindikaat bekend as die Usuga-­clan en is gevind in ’n ­piesangboord in Turbo, Antioquia, naby die grens met Panama. Dit was glo bestem om via die Karibiese Eilande na die VSA te gaan.

“’n Slag teen misdadigers is geslaan,” het pres. Juan Manuel Santos op Twitter na dié deurbraak verwys. Hy het die land se polisie gelukgewens met die goeie werk.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem en drie het ontsnap, het die polisie in ’n verklaring gesê. Vyftig lede van die nasionale polisie-agentskap, bygestaan deur helikopters, het Sondag op die piesangboord toegeslaan.

Bykans 1,5 ton kokaïen was reeds verpak en gereed om verskeep te word, het Luis Carlos Villegas, minister van verdediging, in ’n verklaring gesê.

Volgens dié land se polisie is meer as 86 ton kokaïen dusver vanjaar gekonfiskeer.

Colombia is die grootste kokaprodusent ter wêreld en produseer volgens die Verenigde Nasies 442 ton kokaïen per jaar. Koka is enigeen van ’n aantal struike van Suid-Amerika waaruit kokaïen verkry word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.