Skole, universiteite sien honderde miljoene in rook opgaan

Deel op

Swart leerlinge wat sedert verlede Donderdag Orlando High School in Soweto in puin gelê het weens ‘n hekel teen die skoolhoof, het glo veroorsaak dat die skool sal moet sluit.

Sedert verlede Maandag, toe leerlinge begin het om boeke te brand en ‘n klaskamer ook uitgebrand is, het die swart leerlinge ook skooleiendom geplunder, insluitend meubels, skoot- en tafelrekenaars.

Volgehoue pogings tot brandstigting het Dinsdag en Woensdag gevolg en Donderdag het die swart leerlinge vensters gebreek en die administratiewe blok binnegeval.

Dit is nie duidelik of die plundery direk verband hou met die 24 skole in Vuwani wat afgebrand is in soortgelyke oproer nie.

Talle ander, ewe verkwistende en sinnelose gevalle elders is ook aangeteken.

Die LUR vir onderwys in Gauteng Panyaza Lesufi het intussen geweier om skade-assessors te stuur na die Orlando-skool, en gesê dit sou geen doel dien om te betaal vir opknapping nie.

Die petrolbomaanval op die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die vroeë oggendure Maandagoggend het skade veroorsaak wat geraam word op R100 miljoen, die universiteit gesê.

Brandstigters het ingebreek en die ouditorium by Aucklandpark kampus UJ teen omstreeks 02:00 met ‘n petrolbom verwoes.

Hulle het ook rekenaarlaboratoriums en toerusting wat gebruik word vir loopbaanassessering verwoes, het die universiteit in ‘n verklaring gesê.

Die fasiliteite was vir gradeplegtighede en halfjaarlikse assessering gebruik. Alternatiewe reëlings sal gemaak moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.