Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

Deel op

Winnie Rust (77), vermoorde skryfster van Wellington, is doodgewurg deur haar moordenaar.

Luidens die klagstaat in die saak teen die twee bruin mans, Nigel Plaatjies (18) en Johannes Plaatjies (34), is dit die oorsaak van haar dood.

Die polisie het verskeie items wat aan Rust behoort het in die jonger man se besit gevind toe hy aangekeer is. Nigel is die seun van ‘n voormalige bediende van die Rusts en Johannes is sy oom.

Rust is verlede Woensdag vermoor in haar kombuis aangetref. Haar arms en voete was vasgebind en haar gesig was vol bloed.

Nigel het Maandag in die landdroshof op Wellington op aanklag van moord verskyn nadat hy Vrydag 13 Mei, twee dae ná die moord op Rust, in New Rest, Wellington, by sy ouerhuis in hegtenis geneem is.

Die saak teen hom is tot 24 Mei vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel en hy sal tot dan in aanhouding bly.

Johannes het Dinsdag in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die saak teen hom is ook tot 24 Mei uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.