EFF weer uitgeboender uit parlement

Deel op

Die leier van die EFF, Julius Malema het die chaos in die Parlement Dinsdag regverdig.

EFF-LP’s en amokmakers het na bewering personeel met brandblussers gespuit, ‘n glasdeur gebreek en onder meer besemstokke gegooi.

Malema sê egter hulle onderbrekings en ontwrigtings is “vreedsame pogings” om president Jacob Zuma teen te staan.

Hy het na afloop van die hernude chaos toe EFF-LP ‘s uit die parlement gegooi is, weer die geleentheid benut om media-aandag op die EFF te fokus.

Die speaker, Baleka Mbete het veiligheidspersoneel nader geroep nadat die EFF geweier het om die president ‘n geleentheid te gee om die huis toe te spreek.

Die ANC het die EFF-vandale skerp gekritiseer en gesê die parlement sal toesien dat strafregtelike klagte ingedien word teen hulle.

Pres. Jacob Zuma het na die oproer rustig voortgegaan om die geskeduleerde vrae te beantwoord ten spyte van die EFF se aandrang dat nie nie die Nasionale Vergadering mag toespreek nie.

Dit is die vierde keer dat die Withemde, die veiligheidsdiens, EFF-LP’s moes verwyder weens oproerigheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.