Wie bevorder haat en rassisme werklik?

Max du Preez vra in sy nuuste tirade of rasse mekaar deesdae meer haat as destyds.

Voordat ek hierdie aspek in diepte gaan bespreek, weet ek dat bykans alle lesers se antwoord op hierdie vraag ‘n volmondige “Ja” gaan wees.

Hoe weet ons so iets? Want mense wat albei stelsels meegemaak het, kan dit beaam. Die skole, hospitale en tuislande van Verwoerd is geen rede hoekom die Universiteit van Johannesburg se ouditorium afgelope Maandagoggend in puin gelê is nie.

Max, soos baie linkses, maak asof hulle etniese verskille getransendeer het. Hulle kan met ander woorde daar bo-uit styg en beskou dit as agterlik en kleinlik dat mense nog steeds kritiek lewer op ander volkere. Die voorbeeld wat hy noem, wat hom kennelik diep verontwaardig het, is verlede week se regter Mabel Jansen se uitlatings oor die hoë verkragringsyfer van swart mans.

Ten spyte van die feit dat die regter twee swart kinders aangeneem het en ‘n bekende voorvegter teen apartheid was, is die brandstapel van populisme haar voorland. Dit is nou demokrasie – demos (mense) en kratos (mag) – in volle werking.

Weet iemand of Max dalk enige swart kinders aangeneem het?

Max gaan verder en meen: “22 jaar nadat politieke apartheid beëindig is, ken wit en swart mekaar sekerlik ‘n bietjie beter; het ons meer gewoond geraak aan mekaar”.

Wat hy hiermee probeer sê is ‘n teruggryp na die kontakhipotese soos geformuleer was deur die navorsingsielkundige Gordon Allport. Hierdie hipotese meen dat sodra vreemde mense of groepe mekaar se gewoontes en opvattings leer ken sal die vooroordele jeens hulle afneem.

Daar is egter al genoeg navorsing sedertdien gedoen wat bewys dat dit nie altyd so werk nie. In die blad Suid-Afrikaanse Sielkundige uit 1976 (vol.6; 1-14) skryf JM Niewoudt dat die kontakhipotese in die konteks van Suid-Afrika juis gehelp het om vooroordele te bevestig eerder as om dit af te breek.

Hoe sê die Franse nou weer? Plus ḉa change…

Dit geld egter nie net vir Suid-Afrika nie. In Australië en Engeland het navorsers dieselfde ontdek.

Om die waarheid te sê, is hierdie onderwerpe in die vroeë sewentiger jare al grondig ondersoek.

Tesame met Allport se kontakhipotese, het Theodor Adorno se beroemde akademiese bedrog The Authoritarian Personality (1950) die blaam vir Fascisme probeer lê by die deur van die wit patriargie. Ondanks die feit dat hierdie werk nie deur ‘n akademiese uitgewer uitgegee is nie, en dat Adorno self toegegee het dat hy sommige gegewens wat met sy hipotese bots weggelaat het, is dit nog steeds ‘n wafferse Bybel vir feministe, maatskaplike geregtigheidstryders en ander randfigure van ‘n ekstreemlinkse oortuiging.

Die feit dat hulle nog steeds sulke opvattings aanhang, selfs al is daar geen empiriese bewyse om dit te rugsteun nie, impliseer dat hulle nie in belang van die samelewing as sulks funksioneer nie, en dat moderne geesteswetenskapfakulteite aan universiteite kennelik nie genoeg doen om mense werklik op te lei om die samelewing te verbeter nie.

Interessant genoeg is die Amerikaanse okkulte-kenner Jordan Maxwell van mening dat universiteite per definisie Marxistiese instellings is, juis omdat hulle van hul spirituele oorsprong gespeen is. Op ‘n wrang manier maak hierdie verklaring nogal sin.

Vervolgens gaan Max en kie hulle oor na die volgende strategie, naamlik om die indruk te wek dat mense wat nie hulle wêreldvreemde opvattings w