Brasilië se nuwe president is nog ongewilder as Rousseff

Deel op

Brasilië se nuwe, waarnemende president, Michel Temer, wat pres. Dilma Rousseff vervang, is ‘n lakei van Amerikaanse banke sê sy kritici.

Brasiliane hoop hul regering kan die land se probleme begin oplos na maande se gekibbel om Dilma Rousseff­ in ‘n staat van be­skuldiging te laat plaas.

Rousseff (68) is Donderdag vir 180 dae geskors deur die senaat en in ‘n staat van beskuldiging gestel. Sy het glo begrotings­aangeleenthede verswyg om tot president herkies te word.

Die ergste resessie in jare, die Zika-virusplaag en reëlings vir die Olimpiese Spele wat in Augustus begin, bly nogtans ‘n kopseer vir regeringslui, ten spyte van die stap om van haar ontslae te raak.

Brasilië is in sy tweede jaar van ‘n resessie en sal na verwagting eers teen 2018 groei toon.

Hoewel Temer (75) die steun van sakelui het, meen ontleders dat hy met ‘n bedekte coup d’etat aan bewind gekom het, sonder die steun van kiesers.

Temer is nog minder gewild in Brasilië as Rousseff. Haar gewildheid het tot onder 10% gedaal, maar Temer sal slegs 1% of 2% van die stemme in ’n presidentsverkiesing kan inpalm, is in ’n onlangse peiling bevind.

Rousseff het hom beskuldig van ‘n “staatsgreep” om van haar ontslae te raak en hy moet nou die open­bare vertroue herstel in ’n politieke stelsel wat Brasiliane as korrup beskou.

Die Temer-administrasie­ hoop op die herstel van die sukkelende ekonomie omdat die sakewêreld hom as markvriendeliker beskou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.