Rouxville-plaasmoord: Saak sloer

Deel op

Twee swartes wat daarvan aangekla word dat hulle die Rouxville-dokter en -boer, Bennie Cilliers, vermoor het, verskyn na verwagting vandag weer in die landdroshof op die dorp.

Maar die saak sloer omdat die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging blykbaar nie hul werk doen nie.

Thabang Jordaan en Ngalekile Zamayo word daarvan aangekla dat hulle Cilliers en sy vrou, Cecilia, op hul plaas langs die Caledonrivier wreed aangeval het. Cilliers is op die toneel dood verklaar, terwyl sy vrou kritieke beserings opgedoen het.

Aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en voertuigdiefstal word teen die twee mans ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Die saak is vroeër weer eens uitgestel in afwagting op ‘n besluit van die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging in die Vrystaat oor waar die verhoor moet plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.