BRICS-geveg kom na SA met sakemense wat EFF steun

Deel op

Die BRICS-geveg wat ook in Brasilië woed nadat hul president Dilma Rousseff haar amp kwyt is, gaan Suid-Afrika nie gespaar bly nie.

Bemoedig deur die regime-verandering daar, is daar tans groot druk deur die sakegemeenskap op Pravin Gordhan, die voormalige minister van finansies om Zuma aan te vat.

Die Valke en nasionale vervolgingsgesag (NVG) maak egter op hulle beurt volgens berigte gereed om Gordhan en ander voormalige kollegas van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vir spioenasie in hegtenis te neem.

Dié afdreiging van Gordhan sal die staat se blootstelling aan BRICS-invloed, of manipulasie deur die Guptas, in die kollig plaas. Indië is ook deel van BRICS en die Guptas het glo daardeur hul greep op Suid-Afrika verkry.

Met Indië wat tans toenadering soek by die VSA, is die anti-Zuma-faksie hoopvol dat hulle regeringsveranderingsplanne sal slaag.

Maar nie net Gordhan nie, ook Trevor Manuel en ander senior SAID-amptenare staan onder soortgelyke verdenking van spioenasie teen Zuma.

Die rand het intussen verder gedaal met die nuus dat Zuma nie gaan bes gee nie, maar met mening gaan toeslaan op die Angelsaksiese faksie wat hom uit die kussings wil lig.

Berning Ntlemeza (Valke), Shaun Abrahams (nasionale direkteur van openbare vervolging) en David Mahlobo (staatsveiligheid) is Zuma se handlangers.

Dit is ook duidelik dat sakemense nie op Gordhan of adj.pres. Cyril Ramaphosa sal kan vertrou om van president Zuma ontslae te raak nie, maar gaan probeer om deur negatiewe marksentiment ‘n klimaat te skep wat dit sal moontlik maak.

Dit sal wit Suid-Afrikaners dalk ontstel, maar sal geen indruk maak op die gewone swart ANC-kieser nie. Inteendeel skep die Angelsaksers eerder ‘n klimaat vir die EFF.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.