Twitter: Jonathan Jansen se nalatenskap ‘n rassefiasko

Deel op

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se visekanselier en rektor, Jonathan Jansen, sal onthou word deur swart studente as die man wat “wit uitvaagsels terugverwelkom het by die UV nadat hulle ons [swart] moeders urine gevoer het”, het swartes Maandag getwiet.

Dit is duidelik uit hierdie en die meeste swart twiets dat Jansen rasseverhoudinge aan die universiteit onherstelbaar laat polariseer het.

Jansen sê hy sien uit daarna om weer ‘n professor te kan wees nadat hy as genoot aan die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragwetenskappe aan die Stanford-Universiteit in Kalifornië in Amerika aanvaar is.

Jansen se heftige openbare kritiek teen Donald Trump het dalk gesorg dat hy die aanstelling kry.

Hy beplan om vir die nege maande aan dié Amerikaanse universiteit meer navorsing te doen en om drie van sy boeke te voltooi.

Jansen, wat uit die staanspoor heeltemal uit sy diepte was in die pos wat hy beklee het, sê hy het nou ‘n “blaaskans” nodig.

Terwyl hy voorgee dat die Vrystaat “baie spesiaal” sal bly vir hom, het sy vrou blykbaar aan vriende gesê sy kan nie wag om weg te kom uit die “agterlike” plek nie.

Die Jansens was onbevange anti-Afrikaans, ook in die openbaar. Sy vrou het byvoorbeeld luidkeels geweier om aan ‘n Afrikaanse koerant te raak by die salon waar sy haar hare laat versorg het.

Jansen wou steeds niks laat blyk van die gesin se anti-Afrikaanse gesindheid nie en het voor die media gedweep oor Afrikaners se “warmte” wat hy sal “mis”.

Dit is glo vir hom “swaar om te groet, maar hy verlaat die UV met die wete dat hy en sy bekwame span gedoen het wat hul kon” het hy aan OFM gesê.

“Ek dink die universiteit is in ‘n baie sterker akademiese en finansiële posisie weens hul spanpoging.”

Jansen het sonder meer verklaar dat sy nalatenskap, die rassefiasko wat hy geskep het, ‘n “suksesverhaal” is.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê indien dié pos teen die einde van Augustus nog nie gevul is nie, sal die huidige viserektor: bedryf, Nicky Morgan, waarneem.

Die raad sal binnekort met die proses om ‘n opvolger te vind, begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.