Jonathan Jansen het glo gaan werk soek in VSA op UV se onkoste

Jonathan Jansen het bedank uit sy pos as vise-kanselier by Universiteit van die Vrystaat om aan te sluit by die Stanford Universiteit in die VSA.

Studente aan die UV het Maandag op sosiale media hul blydskap getoon Jansen se besluit om uit te wyk na Amerika dat sy termyn op 31 Augustus verstryk.

Jansen was glo nie lank gelede nie vir drie maande op die UV se onkoste na die VSA om te gaan werk soek daar.

Jansen het Maandag op ‘n senaatvergadering in die ou CR Swart-gebou die aankondiging gemaak.

Lacea Loader, woordvoerder van die UV, het dit bevestig.

Nie een van die senaatslede wou met die media oor Jansen se aankondiging praat nie.

Sy nalatenskap by die instelling is beroerd met die ondeurdagte transformasiebeleid wat hy en sy lakeie gedryf het.

Jansen het wit studente met groot ywer vervolg soos geblyk het uit die Reitz4- en rassisme-voorvalle waar wit studente aangekla en deur hom in die media verhoor en skuldig bevind is.

Met die onlangse swart oproer op die kampus het Jansen swart studente vervreem en hulle was ook verheug deur die nuus. Talle het die hoop uitgespreek dat hulle ‘n meer “progressiewe” rektor sal kry.

Die Universiteit van die Vrystaat het die gerugte verlede jaar dat Jansen gaan aftree, ontken en gesê dit is vals.

Die universiteit se kommunikasiebestuurder Lacea Loader destyds gereageer het op nuusberigte wat beweer het dat Jansen oor ‘n paar maande gaan aftree.

Loader het vertel dat Jansen in sy toespraak by die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, waarna die berigte verwys, slegs ‘n grap gemaak het:

Dit was bloot ’n idiomatiese uitdrukking dat alles so goed verloop by die UV dat hy grappenderwys gesê het hy net sowel binne die volgende paar maande kan weggaan,” het Loader by navraag aan Volksblad gesê.
Volgens haar het die rektor “hoegenaamd geen planne om die UV te verlaat nie”.

Dit blyk nou dat die rektor gelieg het terwyl hy gaan werk soek het om weg te kom van sy groeiende hoop mislukkings op die UV se onkoste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.