Skrywer jaag Eugene de Kock by boekbespreking uit

Deel op

‘n Engelse skrywer, Lauren Beukes het Eugene de Kock uit ‘n skrywersvergadering gejaag waar hy opgedaag het om te verneem of sy boek op ‘n pryskortlys aangekondig sal word.

Die biografie, wat Anemari Jansen in samewerking met De Kock geskryf het, is in April benoem vir die Sunday Times Alan Paton-prys.

De Kock, wat sy tronkstraf uitgedien het en sowat ‘n jaar gelede op parool vrygelaat is, was glo ‘n gas van die biografie se uitgewer, Tafelberg, maar Beukes het besluit om hom terstond van ‘n basiese menseregte te ontneem.

Beukes het soos die Engelse gewoonte maar is, haarself aangestel om ‘n paar bonuspunte vir Engelse voortreflikheid te probeer aanteken deur namens swart skrywers en uitgewers verontwaardig te wees.

Volgens haar was die swartes die naweek by die letterkundefees in Franschhoek “verskriklik getraumatiseerd oor De Kock se teenwoordigheid”.

Almal het “gewonder” of hulle die lokaal moet verlaat, sê sy. Niemand het egter uitgeloop uit die bespreking nie.

Toe nie een van die swartes wou loop nie, het Beukes besluit om in te gryp en voormalige Vlakplaas-verhoorde soos ‘n wafferse konsentrasiekampbevelvoerder te gaan verjaag.

Een van die oud-polisieman se paroolvoorwaardes is dat hy nie met die media mag praat nie. Beukes kon die media dus op haar eentjie trakteer oor die gebeure.

Lede wat die paneelbespreking bygewoon het waar Jansen opgetree het, sê hulle was nie bewus van swart ontsteltenis nie.

De Kock was self verbaas om te verneem van die “swart trauma” maar het nie teëgestribbel nie. “Dankie dat jy my gesê het,” het hy gesê en daarna opgestaan en uitgestap.

Hy het Vrydag en Saterdag die letterkundefees bygewoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.