UJ Sanlam-ouditorium brand na petrolbomaanval

Deel op

Die Sanlam-ouditorium by die Kingsway-kampus van die Universiteit van Johannesburg het afgebrand, vermoedelik na ‘n petrolbomaanval.

‘n Groot gedeelte van die hoofkampus is tans gesluit. Studente sou eksamen skryf in die gebou.

Die veiligheidspersoneel sê die voorval het moontlik in die vroeë oggendure Maandag plaasgevind en ‘n woordvoerder Herman Esterhuizen het op Twitter gesê die brand is reeds geblus.

Swartes op sosiale media het gesê dit sal lei tot verdere rassisme.

Verskeie departemente word geraak nadat die ouditorium onder ‘n petrolbom-aanval deurgeloop het.

Dit is onduidelik wie vir die voorval verantwoordelik kan wees, maar die kampus is onlangs deur verskeie voorvalle van oproer geteister.

Kolonel Perumal van Brixton-polisiestasie sê ‘n forensiese span van Pretoria is op pad na die toneel.

Studente het verlede week amok gemaak omdat vrouestudente glo deur veiligheidspersoneel geteister word, en daarna weens onvoldoende vervoer op die kampus.

Intussen is lesings by die Vaal Universiteit van Tegnologie nog steeds opgeskort nadat die hoofkampus op Vanderbijlpark suid van Johannesburg afgebrand is.

Die studente was glo kwaad omdat die sekuriteit op die kampus nie diefstal verhoed nie. Hulle eis dat die betrokke veiligheidsmaatskappy afgedank moet word.

Die bestuur het Donderdag alle studente opdrag gegee om hulle koshuise weens veiligheidsredes te ontruim.

Die universiteit se waarnemende Visekanselier, Segopane Seroka, sê die personeellede is aangesê om terug te keer sodat hulle kan werk kan voorberei.

Die studente sal later in kennis gestel word as hulle kan terugkeer kampus toe.

Seroka sê daar is heelwat kwessies wat ondersoek vereis waaronder eksamenvoorbereiding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.