Boer in kop geskiet

Deel op

‘n Boer van Paulpietersburg in KwaZulu-Natal is Vrydagaand in sy huis vermoor.

Friedel Filter is deur swart aanvallers op die plaas Frischgewagt oorval waar sy dogter en skoonseun uit Duitsland tans kuier.

Die swart aanvallers het die boer na buite gedwing met ‘n handwapen teen die kop waar nog vier gewag het.

Die booswigte het Filter buite in die kop geskiet en daarna te voet gevlug.

Volgens maj. Shooz Magudulela, polisiewoordvoerder sê ‘n plaaswerker is kort daarna in die been geskiet, vermoedelik deur dieselfde aanvallers.

Die werker se selfoon is gesteel. Hy word in die hospitaal behandel.

Die polisie is tans op soek na ses swartes tussen 30 en 40 jaar oud.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.