Amerikaanse owerhede vrees herhaling van ‘Kry die Jood!’

Deel op

Die Amerikaanse owerhede is op soek na vyf jong swartes wat ‘n Joodse skoolbus aan die brand gesteek het.

Die voorval het in ‘n woonbuurt plaasgevind wat in die 1990’s onder rasse-onluste deurgeloop het.

‘n Elfjarige swart seun is al in hegtenis geneem en ná die brand Sondag van brandstigting aangekla.

Die voorval word as ‘n potensiële haatmisdaad beskou.

Kringtelevisiemateriaal wys hoe ‘n groep swart seuns weghardloop as die bus begin brand, het die polisie gesê.

Die bus het aan die Bnos Chomesh Academy behoort. Dit is ’n meisieskool in Brooklyn se Crown Heights-woonbuurt, waar spanning tussen die Joodse en swart gemeenskap in 1991 tot onrus gelei het.

Robert Boyce, hoof van die New Yorkse polisie se speurdiens, het gesê ’n groep van ses swartes het karton­houers in die bus ingedra en dit op die sitplekke aan die brand gesteek.

“Dit is doelbewus en met voorafbeplanning gedoen. Dit was baie duidelik ’n bus van ’n Joodse skool. Almal in die gemeenskap weet dit.”

Dit was die derde voorval in sy soort die afgelope week.

’n Busbestuurder van ’n ander Joodse skool het verlede Vrydag gesê sy kantspieëltjie is stukkend geslaan.

’n Dag vantevore het ’n man in tradisionele Joodse drag gesê hy is deur ’n 13-jarige seun geteister. Die seun het hom in die gesig geslaan. Die kind is op ’n klag van aanranding in hegtenis geneem en word as ’n minderjarige verhoor.

Die verdagtes in die brand op die bus en die aanranding is almal swart.

Boyce het gesê die voorvalle in Crown Heights is kommerwekkend.

“Ons hoop om inhegtenisnemings te doen en hierdie sake op te los,” het hy gesê.

Die openbare onrus in 1991 het begin nadat ‘n sewe-jarige swart seun deur ‘n Joodse bestuurder raakgery is.

‘n Groep swartes het begin skree “Kry die Jood!” en ‘n Australiese toeris doodgesteek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.