Die EFF in die Vrystaat het meer as 30 lede Donderdag verwelkom van die DA by ‘n byeenkoms wat gehou is in Botshabelo buite Bloemfontein, het News24 berig.
‘n Voormalige DA-lid, Simon Seala, 41, was sigbaar opgeruimd oor sy besluit om die kultuurvreemde DA vir die EFF te verruil, het gesê hy moet ‘n party steun wat die uitdagings van die armes verstaan.
“Ek wil voortgaan om te veg saam met die EFF. Die party gaan voort om te veg vir die armes,” het hy gesê.
“Die EFF groei met rasse skrede. Terwyl ander mense sukkel om stadions te vul in hul manifeste, gaan die EFF voort om te groei,” het provinsiale voorsitter van die party, Kgotso Morapela, gesê.
Onder diegene wat by die party aangesluit het is voormalige DA-koukuslid Abe Mosiuoa, wat gesê het hy wil by ‘n party aansluit wat verandering sal bring.
Mosiuoa het gesê hy het die DA die afgelope 14 jaar gedien, net om “geviktimiseer” te word.
“Ek het my tyd saam met die DA gemors. Dit is duidelik dat die party nêrens gaan nie. Die party moet verander. Ek het by die DA in 2003 aangesluit en ek is spyt ek het dit gedoen,” het hy gesê.