SABC gaan op plaaslike musiek fokus

Deel op

Die plaaslike musiekbedryf het ‘n besluit deur die SABC verwelkom om hom tot 90 persent Suid-Afrikaanse musiek op sy 18 radiostasies te verbind.

Die SABC sê die besluit, wat vandag in werking tree, het ten doel om die verskeidenheid kulture in die land te weerspiëel.

Die musiek sal oor alle genres moet strek, met ‘n spesiale fokus op Kwaito, Jazz, Reggae en Gospel, het RSG berig.

Die Jazz-legende, Don Laka, die radiopersoonlikheid, Bob Mabena en die hip hop-kunstenaar, AKA het die skuif geloof en dit as ‘n oorwinning vir plaaslike musiek beskryf.

Talle luisteraars het egter die besluit op sosiale media bevraagteken.

Dié besluit is waarskynlik geneem omdat die rand se waarde teenoor buitelandse geldeenhede gesak het en dit te duur geraak het om tantieme te betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.