Is Beierse messteker ‘n Moslem?

Deel op

Die ondersoek na die aanval waarin vier mense Dinsdag met ’n mes op ’n stasie in Grafing, Duitsland gesteek is, is nie afgehandel nie

Een van die slagoffers is doodgesteek met ‘n mes deur ‘n aanvaller wat die passasiers as “moslemongelowiges” uitgeskel het.

Die aanvaller, ’n 27-jarige man wat in hegtenis geneem is, het ook volgens ooggetuies “Allahu Akbar” (“God is groot”) geskree.

Joachim Herrmann, Beierse minister van binnelandse sake, het gesê die man is ‘n Duitse burger uit Hesse.

Hy het bygevoeg dat die dader dwelms gebruik en moontlik geestesversteurd is.

‘n Beierse polisiewoordvoerder het gesê: “Die oortreder het kommentaar tydens die aanval gelewer wat daarop dui dat daar ‘n politieke motief is.”

Die polisie ondersoek tans moontlike skakels met terrorisme.

Die man het die mense omstreeks 05:00 lukraak aangeval en ‘n vyftigjarige het later aan sy wonde beswyk. Een van die slagoffers is erg beseer.

Volgens ‘n blogger is die aanvaller ‘n Moslem by name Rafik Y, maar is die naam Paul H. versprei om nie anti-Moslemsentiment op te sweep nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.