Skok na Oostenrykse kanselier bedank

Deel op

Oostenryk se kanselier het bedank weens die migrantekrisis wat sy land teister.

Werner Faymann (56) het Maandag uit sy pos getree te midde van ‘n opstand in sy Sosiaal-Demokratiese Party omdat hulle deur die Vryheidsparty geklop is in die eerste ronde van die verkiesing.

Hy het as kanselier én leier van die Sosiaal-Demokrate bedank. Die nuus is met skok in Angelsaksiese kringe begroet.

Faymann, een van Angela Merkel se grootste ondersteuners vir haar oopdeurbeleid, moes uiteindelik weens druk van kiersers toegee dat internasionale pogings om die Balkanroete vir migrante te sluit, sin maak.

Die opkoms van sterk anti-immigrasiepartye in lande soos Duitsland en Swede het Faymann se vertrek verhaas.

Die anti-migrasie Vryheidsparty het wye steun in meningspeilings en hul presidentskandidaat, Norbert Hofer, het die Sosiaal-Demokrate se kandidaat tot in die vierde plek gedwing.

“Het ek beduidende steun in die party? Ek moet sê die antwoord is nee,” het Faymann in ’n verklaring gesê.

Sowat 90 000 migrante was reeds tot Oostenryk toegelaat voordat Faymann eers besluit het om die land se grense te sluit en streng kwotas vir toelating in te stel.

Dit was egter reeds te laat om sy tanende gewildheid te red en gewese linkse bondgenote in sy party het hom boonop luidkeels begin beskuldig dat hy sy beginsels verraai het.

Reinhold Mitterlehner, visekanselier, sal in Faymann se plek waarneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.