Afrikaanse skryfster Winnie Rust doodgemartel

Deel op

Die bekende Afrikaanse skryfster Winnie Rust is grusaam in Wellington, Wes-Kaap, vermoor. Haar lyk is gister deur haar eggenoot in hul huis, waar hul 60 jaar saam gewoon het, ontdek.

Volgens die eerste berigte is sy gemartel. Rust het beserings aan haar gesig gehad, en haar hande en voete is vasgebind.Die polisie het bevestig dat ‘n moordsaak ondersoek word, maar niemand is nog aangekeer nie.

Rust se debuutroman, Martha, vertel die verhaal van die swart hertogin van Stamford, en was in 2005 op die kortlys vir die Jan Rabie/Rapport-prys.

Op sosiale media het vele blankes hul skok oor die moord uitgespreek.

Drie jaar gelede, op 8 Mei 2013, is die egpaar Daan en Erika Rousseau, ook in hul tuiste op Uitsig doodgemaak.

Tien jaar gelede, op 7 Februarie 2005, is Lisbé Smuts-Smith, ‘n professor in Afrikaans en bekende in literêre kringe, in Burgstraat doodgemaak, nie ver van die jongste voorval nie.

Volgens inwoners word die gebied deur kleurlingaanvallers geteister.

In die vroeë negentigerjare het ‘n groep liberale blankes van Wellington, waaronder Matthew en Winnie Rust, voorgestel dat die Grevilleas-gebou op die dorp gerestoureer moes word.

Die losieshuis het voorheen aan die ouers van die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach behoort.

Dit is sedertdien in ‘n multikulturele sentrum hoofsaaklik tot voordeel van die kleurlinggemeenskap omskep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.