Koue, nat naweek wag

Deel op

Nog koue en nat weerstoestande word vir groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel. Gauteng kan ook koeler, bewolkte weer te wagte wees teen Saterdag.

Die Bloemfonteinse weerkantoor sê dié weerstoestande met lae temperature gaan môre voorkom weens ‘n afsnylaag wat ontwikkel en die sentrale deel van die binneland teen môre sal bereik.

Die afnsylaag sal die sentrale deel van die Noord-Kaap bereik en teen Saterdag in die westelike deel van Noordwes voorkom.

Weens die laagdrukstelsel in die bolug kan koue bewolkte toestande met ‘n 60% kans op buie en donderbuie in die sentrale binneland voorkom. Temperature hoër as tien grade Celsius word vir Saterdag voorspel.

Temperature gaan na verwagting teen Sondag na normaal terugkeer en sonnige toestande word vir die res van volgende week voorspel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.