Potchefstroom Kunstefees soek kundigheid

Deel op

Beplanning van die Potchefstroom Kunstefees wat Aardklop sal vervang, is glo druk, maar daar is ‘n tekort aan kundigheid.

‘n Woordvoerder vir die groep van Aardklop-belanghebbendes en besturende direkteur van die ATKV, Japie Gouws, sê verder die proses om ‘n maatskappy sonder winsbejag te stig, waarin alle sake van die fees gehanteer sal word, is aan die gang en ‘n direksie sal binnekort aangestel word.

Die belanghebbendes het in Maart gesê die Aardklop Kunstefees sal voortaan die Potchefstroom Kunstefees genoem word, en voorlopig van 4 tot 9 Oktober gehou word.

Gouws sê die proses om aansoek te doen vir produksies het ook nou begin, en skriftelike aansoeke kan per e-pos gerig word.

Daar word versoek dat nominasies, uit die geledere van Potchefstroom om op die direksie of op die direksiekomitees te dien, nou ingedien word.

Kundighede wat benodig word, is onder meer finansies, kunste, gemeenskapsbetrokkenheid, regskundigheid en bemarking.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.