SA in top tien van ‘misrabele lande’

Deel op

Elke jaar publiseer die Cato Instituut ‘n lys van die wêreld se mees “miserabele lande” deur die gebruik van ‘n eenvoudige ekonomiese formule om die tellings te bereken.

Beskryf as ‘n ellende-indeks, word die formule bereken deur die werkloosheidsyfer, inflasie, en uitleenkoers, bymekaar te tel en dan die verandering in die reële BBP per capita daarvan af te trek.

Volgens die dinkskrum, is lande met ellendetellings van meer as 20 “ryp vir transformasie”.

Die verslag beklemtoon die “vrot appels” Iran, Rusland, Brasilië en Suid-Afrika in sy lys van die mees miserabele plekke in die wêreld.

Dit is toevallig ook BRICS-lande wat as onbewoonbaar voorgehou word, alhoewel lande soos Palestina en die Oekraïne ingesluit word omdat hulle inderdaad in ‘n toestand van vryval verkeer as gevolg van die weste se neo-liberale ingryping.

“Transformasie” in Suid-Afrika mag dus beteken dat die EFF aan bewind kom om hul “ekonomiese rewolusie” te volvoer wat funeste gevolge sal hê soos in die Oekraïene gebeur het.

Baie Westerse kliëntstate is opsigtelik weggelaat. Griekeland, vreemd genoeg, is nie in die top tien nie, gegewe sy 26% werkloosheidsyfer en 7 jaar van ekonomiese depressie.

Die ellende-indeksformule is gebaseer op die aanname dat hoë rentekoerse ‘n direkte maatstaf van lewenstandaarde is en dat die verhouding tussen die twee binne ‘n omgekeerde verband bestaan.

Rusland se rentekoers van 11% stoot dus die Russiese ellende-indeks hoër, wat ‘n swak lewenstandaard beteken.

Negatiewe rentekoerse in Europa beteken egter nie beter lewenstandaarde in die EU nie.

Dit lyk dus of daardie formule geskep is om die Amerikaanse Federale Reserwebank te pas.

Transnet het intussen aangedui dat hulle die Nuwe Ontwikkelingsbank van BRICS genader het vir die befondsing van vyf infrastruktuurprojekte as deel van die Noord-Suid vervoer-deurgang.

Die bedryfshoof, Siyabonga Gama het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Rwanda, aan die SAUK gesê die projekte word op R28 miljard rand geraam.

Die Noord-Suid-deurgang het vervoer- en energie-infrastruktuur van Durban na Dar es Salaam in Tanzanië verbeter.

Gama sê hulle sal binnekort met die bank vergader.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.