Minister van justisie plaas regter Mabel Jansen op ‘spesiale verlof’

Deel op

Volgens ‘n aankondiging vandag, het die minister van justisie Michael Masutha regter Mabel Jansen op spesiale verlof geplaas, wat op ‘n skorsing neerkom. Dit volg nadat ‘n maatskaplikegeregtigheidskryger, Gillian Schutte, die regter in die media begin aanval het weens die kommer wat sy uitgespreek het oor die vele vroue en kinders wat deur swart mans in Suid-Afrika verkrag word.

‘n Klag teen regter Mabel Jansen is deur die voorsitter “advokate vir transformasie” in Johannesburg, Vuytani Ngalwana, by die regterlike dienskommissie (RDK) aanhangig gemaak.

‘n Woordvoerder vir die departement van justisie, Mthunzi Mhaga, sê dat die minister reeds ‘n waarnemende regter in Mabel Jansen se plek aangestel het.

‘n Aantal verdere organisasies en individue het reeds in die bres vir die land se swart verkragters getree, en beweer dis “rassisties” om hulle te kritiseer, soos wat die regter gedoen het.

Die vereniging vir swart regsluit gaan vanmiddag ‘n memorandum aan die adjunkhoofregter van die Hooggeregshof in Pretoria, Aubrey Ledwaba, oorhandig.

“Die oorhandiging van die petisie hou verband met die rassistiese opmerkings van die regter in die Noord-Gautengse Hooggeregshof Mabel Jansen, waarin sy veralgemeen het dat alle swartmans verkragters en moordenaars is.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.