Ligte vliegtuig stort in Midrand neer

Deel op

Twee insittendes van ‘n ligte vliegtuig is Woensdagoggend in Midrand is beseer hulle neergestort het.

Verteenwoordigers van die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel

Volgens ER24 het hulle vanoggend vroeg naby Krugerlaan ‘n ligte vliegtuig onderstebo in die veld naby die lughawe aangetref.

Die twee mans, in hul dertigs, het om die beskadigde vliegtuig geloop toe die paramedici opdaag.

“Hulle was baie gelukkig en is net lig beseer. Albei is na die Sunninghill-hospitaal vir waarneming geneem,” lui die verklaring.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.