Oproer by Grabouw oor gedwonge verskuiwing

Deel op

Die N2 tussen is steeds gesluit weens openbare geweld oor gedwonge verskuiwing by Grabouw in die Overberg.

Die Departement van Openbare Werke het ook plakkershutte afgebreek van mense wat onwettig op staatsgrond opgerig is.

Volgens verkeersbeamptes was die situasie deur die nag kalmer.

Oproeriges het munisipale eiendom beskadig omdat hulle ontevrede is oor behuising. Hulle het verlede maand krotte op ‘n oop stuk grond langs die N2 by Grabouw opgerig.

Die nasionale departement van vervoer en openbare werke, aan wie die grond behoort, het hulle glo aangesê om te trek.

Die toetssentrum van Grabouw se verkeersdepartement is Dinsdag aan die brand gesteek toe sowat 1 000 oproeriges tot verdere brandstigting oorgegaan het.

Hulle het Maandagaand begin om motorbande, rommel en bome te brand.

Die N2 tussen Sir Lowryspas-weg en die Houwhoekpas is sedert Dinsdag gesluit en motoriste moes alternatiewe roetes gebruik.

Die enigste manier om Grabouw te bereik is om oor die Franschhoekpas te ry.

Die polisie moes traanrook en rubberkoeëls inspan om die oproermakers uiteen te jaag.

Motoriste is Maandagaand met klippe bestook en ‘n joernalis van Die Burger se motorvoorruit is stukkend gegooi.

Sy moes ook oor die klippe in die pad ry en het die ervaring as verskriklik beskryf.

Vier mense is op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort verskyn, het konst. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

Drie hoërskole en twee laerskole was Dinsdag gesluit weens die oproer.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse minister van onderwys, het die betogings veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.