Onderwysdepartement: Swart verkragtingskultuur ‘n kopseer in skole

Deel op

Die heksejag teen die “rassistiese” regter Mabel Jansen – wat vermoedelik gevoer word om EFF-leier Julius Malema se politieke loopbaan te red – het Suid-Afrika se swart verkragtingskultuur belig.

Die departement van basiese onderwys het verlede jaar verklaar dat die verkragtingskultuur in swart skole ‘n probleem is. Dit sluit laerskole in wat regstreeks dui op ‘n verkragtingskultuur.

Die verkragting van twee sewe-jarige skoolmeisies deur ses seuns by ‘n skool in Vosloorus, het glo verlede jaar gedurende skoolure by Rebonthseng Primêre Skool plaasgevind.

Phumla Sekhonyane, ‘n woordvoerder van die departement het gesê die seuns het nie verstaan dit is ‘n oortreding nie. Hulle het slegs gedink hulle speel, het sy gesê.

Sekhonyane het gesê die seuns het na die verkragting vir die twee meisies geld aangebied en laggend gesê dis vir lobola.

Die Gautengse Onderwysdepartement sê hulle is in kennis gestel van die voorval deur die plaaslike gemeenskap en nie die skool nie, vermoedelik omdat dit algemeen by die skool is.

Premier David Makhura en die LUR vir onderwys Panyaza Lesufi het eers daarna in Augustus 2015 ingegryp.

Die skool se beheerliggaam het die seuns, tussen sewe en tien jaar oud vir vyf dae geskors, terwyl hulle ‘n dissiplinêre proses aan die gang gesit het.

Die departement het na oorleg met die ouers en skool verklaar dat hulle bekommerd is oor die manier waarop die voorval gehanteer is en dat die skoolveiligheidsbeleid nie gevolg is nie.

‘n Paar maande tevore het die LUR met ‘n soortgelyke geval by ‘n skool in Tshwane te doene gehad, en toe gesê dit is een van die kwessies wat telkens opduik.

Lesufi het toe opdrag gegee dat berading ook uitgebrei moet word om die ouers van al die kinders in te sluit.

Tien swart seuns het in Februarie in die Durbanse streekhof verskyn vir die beweerde bende-verkragting van ‘n 15-jarige meisie by ‘n skool in Lamontville.

Die polisie ondersoek die voorval nadat ‘n video van die verkragting op sosiale media versprei is.

Die video is na bewering deur een van die betrokke seuns gepos wat daaroor gespog het, en het onder die aandag van die polisie gekom nadat ‘n onderwyser die video gesien en gerapporteer het.

Vyftien seuns is in hegtenis geneem, met vyf van hulle wat in die Durbanse landdroshof verskyn het. Die ander 10, minderjarig, is vrygelaat in die bewaring van hul ouers.

Die polisie ondersoek ‘n klag van verkragting nadat ‘n kleuter (2) na bewering verlede maand by ‘n kleuterskool in Strand verkrag is.

‘n Mediese dokter het die ma se vermoede dat haar kind verkrag is, bevestig. Die kleuter is glo onlangs anaal verkrag en het ou wonde aan haar vroulike dele gehad wat gewys het sy is voorheen al verkrag.

Kapt. FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ‘n aanklag van verkragting ondersoek.

Intussen het die vermeende verkragter van ‘n 14-jarige skoolmeisie wie se aansoek om borgtog op 15 Maart in die plaaslike landdroshof geweier is, Vrydag vlugtig in die landdroshof in Cradock verskyn.

Die getroude onderwyser, se naam kan nie genoem word totdat hy gepleit het nie.

Die landdroshof het hom by ‘n vorige geleentheid borgtog geweier. Die skool se naam word weerhou om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.