Barkly-Wes in die Noord-Kaap is in opstand omdat die owerhede hul eise ignoreer.
Die swart inwoners het buitebande aan die brand gesteek omdat hulle oor die plaaslike munisipaliteit se reaksie op ‘n memorandum ontevrede is.
Die gemeenskap het verlede maand by die kantore van die Dikgatlong-munisipaliteit byeengekom – wat dié dorp en Campbell insluit – om te eis dat die steengroef wat verantwoordelik was vir ‘n kind se dood vroeër die maand, toegemaak word.
Die negejarige Gift Makatees se halfnaakte lyk is uit die steengroef gehaal.
Tebogo Hammer van die munisipaliteit het toe aan OFM-nuus gesê dat die munisipaliteit bewus is van die probleem, maar dat hulle nie genoeg geld het om dit toe te maak of te rehabiliteer nie.
Gemeenskapleier Patricia Katz sê die gemeenskap is in opstand want hulle is nie tevrede met die munisipaliteit se terugvoer nie.