DA juig oor sluipmoord op Verwoerd, blameer Afrikaners vir swart onderwysmislukkings

Deel op

‘n DA-LP, die party wat die meeste Afrikaners ondersteun, het gister in die parlement gejuig oor Tsafendas se sluipmoord op Verwoerd. Gavin Davis, LP, het nie ver van die plek waar dr. Hendrik Verwoerd doodgesteek is nie, gesê: “In dié einste vertrek, is Verwoerd doodgesteek deur ’n parlementêre bode. En daar was niks tragies hieraan nie. Die enigste tragiese ding van daardie dag was dat Verwoerd se beleid nie saam met hom gesterf het nie.”

Davis het ook die ANC vir sy onderwysstelsel wat tans sienderoë misluk, geloof. Hy wil groter samewerking tussen die ANC en DA oor onderwys sien, ten einde onderwys meer “professioneel” te maak.

Gavin Davis
Gavin Davis

Die DA-LP het Verwoerd se onderwysbeleid vir swartes, wat op die Duitse model van vaardigheidsontwikkeling geskoei was, as “veragtelik” bestempel.

“Dié beleid het die opvoedkundige geleenthede vir swart Suid-Afrikaners beperk tot goedkoop ongeskoolde of semigeskoolde arbeiders,” het Davis gesê. Hy het ook Afrikaners vir die mislukkings van die huidige stelsel van swart onderwys geblameer.

ANC- en DA-onderwysbeleid is daarop gegrond om meer politieke propaganda in die skoolleerplan te doseer, met minder of geen wiskunde, wetenskap en Afrikaans nie.

Enkele oomblikke na die moord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, het mnr. P.W. Botha destyds mev. Helen Suzman van die Progressiewe Party daarvoor geblameer. “Julle liberaliste het dit gedoen!” het hy ontsteld uitgeroep. Mev. Suzman, ‘n stigter van die liberale, anti-Afrikaanse DA, het jare later steeds hierteen beswaar gemaak. Ná gister se uitlatings deur Gavin Davis, lyk dit egter asof die DA finaal Tsafendas se daad omhels het.

Die konflik in Suid-Afrika rondom swart onderwys is terug te voer na die verskil in benadering tussen die Londense en die Berlynse sendinggenootskappe in die negentiende eeu, asook tussen die Anglikaanse Kerk en die Afrikaanse susterskerke. Engelse geestelikes wou van swartmense marxistiese intellektuele soos Mandela en Tambo maak, terwyl Afrikaners die Berlynse sendinggenootskap se model van vaardigheidsontwikkeling gevolg het. Verwoerd se ouers was sendelinge in die destydse Rhodesië wat die Berlynse benadering toegepas het. Dit het destyds as “Bantoe-” of “mens-onderwys” bekendgestaan, omdat dit op die mens en nie op ‘n ideologie toegespits was nie.

Ironies genoeg het ‘n groep Oos-Duitsers ook Bantoe-onderwys aan ANC-“soldate” wat besig was om in ‘n kamp in Tanzanië honger te ly, gedoseer deur hulle te leer hoe om voedsel te kweek, bakstene te maak en houtwerk te doen. Dit is sedert 1977 in die SOMAFCO-kamp gedoen. Omdat hulle kommuniste was, word die Oos-Duitsers se Bantoe-onderwys egter tot vandag toe op positiewe wyse herdenk.

Lees ook: Giliomee breek ‘n lansie vir Verwoerd

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.