Sadou dreig Onderwysdepartement met regstappe

Die onderwysvakbond, Sadou dreig om die departement van basiese onderwys hof toe te sleep oor die bekendmaking van die verslag oor die ondersoek na die geld-vir-poste-skandaal waarin die vakbond glo impliseer word.

Sadou sê hulle is die reg ontneem om op die Ministeriële Taakspan se oorspronklike dokument te reageer, het RSG berig.

Die departement het besluit om dit met twee weke terug te hou sodat gesprekke met vakbonde en ander belangegroepe kan plaasvind.

Die verslag moes aanvanklik in Februarie bekendgestel word. Daarna sou die minister, Angie Motshekga dit verlede Vrydag bekendmaak.

‘n Ondersoek deur ‘n Sondagkoerant twee jaar gelede het onthul hoe onderwysposte vir R30 000 rand verkoop word.

Sadou sê sy versoeke aan die regering word geïgnoreer.

Die departement van basiese onderwys sê hulle kan nie verstaan hoekom Sadou met regstappe dreig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.