Slegte week vir meerverdiepinggeboue in Afrika en Indië

Deel op

Dit was ‘n slegte week vir meerverdiepinggeboue in die Derde Wêreld.

Reddingswerkers was die naweek nog besig om na oorlewendes in die Huruma-woonbuurt van Nairobi te soek nadat ‘n sesverdiepinggebou vroeër in duie gestort het.

Die dodetal het tot 49 gestyg.

‘n Baba is Dinsdag lewend uit die puin gered, 80 ure ná die ramp.

Die oorsaak van die ses-verdieping gebou in Nairobi wat ineengestort het, word toegeskryf aan “swaar reën” asof dit wettig sou wees vir swaar reën om die ineenstorting van geboue te veroorsaak.

Dié naweek het nog ‘n drie-verdieping gebou in Moembaai, Indië in duie gestort. Die meeste van die slagoffers is vermoedelik konstruksiewerkers wat betrokke was by die bou.

Ses mense is dood en twee ander beseer nadat die gebou in Kamathipura Saterdag ineengetuimel het.

Die gebou, met die naam Gulmohar, was meer as ‘n honderd jaar oud en was vir herstelwerk gesluit.

Omstanders het gesê dat die gebou heeltemal verkrummel het in ‘n kwessie van minute.

In Nairobi, Kenia, het die Rooi Kruis gesê 150 geboue en aangrensende huise word geraak deur swak bouwerk.

Die twee Nigeriese ingenieurs, wat verantwoordelik was vir die ineenstorting van die sewe-verdiepinggebou wat op 12 September 2014 die lewens van 116 mense, waaronder 85 Suid-Afrikaners, geëis het, het intussen borg gekry in Lagos.

Die News Agency of Nigeria (NAN) berig dat die ingenieurs sedert 19 April in die Kirikiri Maksimum Gevangenis aangehou word op aanklagte van growwe nalatigheid en kriminele manslag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.