Vermeende verkragter én polisiebeampte voor

Deel op

‘n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat na bewering dossiere uit die hof gesteel het, en ‘n plaaslike sakeman verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.

Patricia Pitt, van die Parkweg-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R3 000 uitgelaat terwyl Thulani Qhiti in aanhouding bly.

Pitt het glo dossiere by die Bloemfonteinse landdroshof gesteel. Qhiti word glo in een van die gesteelde dossiere weens beweerde verkragting ondersoek.

Albei staan tereg op aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.