Kanadese brand laat olieprys styg

Deel op

Die verwoestende brand in die Kanadese oliestad Fort McMurray is tien keer groter as wat voorheen berig is.

Inwoners moes hul wonings ontruim wat daartoe gelei het dat al 88 000 inwoners ‘n ander heenkome moes soek.

Die brand, wat Sondag ontstaan het, het teen Donderdag tot sowat 85 000 ha verwoes, het Reuters berig.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Fort McMurray se woongebiede is heeltemal in puin gelê en bedreig nou kampe van oliewerkers noord van die stad bly, asook gemeenskappe suid van dié gebied.

Olieproduksie wat weens veiligheidsoorwegings opgeskort is, het die wêreldolieprys laat styg.

Brandbestryders werp alles in die stryd om onbeskadigde wonings, sakeondernemings en ander geboue teen die vlamme te beskerm.

Anzac en Gregoire Lake Estates, sowat 50 km suid van Fort McMurray, word ook deur die brand bedreig.

Die brand het Donderdag suidoos begin beweeg en die enigste pad suidwaarts onbegaanbaar gemaak en inwoners moes noord vlug.

Die brand het tot dusver nie lewens geëis nie, maar sterftes is weens minstens een ongeluk tydens die ontruiming aangemeld.

Inwoners wat deur die brand verhoed is om na die noorde uit te wyk, is op rgeringskoste per vliegtuig na die stede Edmonton en Calgary geneem.

Dié vliegtuie gebruik aanloopbane wat deur die oliebedryf gebruik word.

Teen laat Donderdag is 4 000 mense reeds so uit die gebied ontruim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.